Ons bestuur 'n klein gastehuisie met die wonderlikste uitsig oor die see hier op STRANDFONTEIN, Namakwaland.
Daar is sit / eetkamer met kombuis volledig toegerus met 'n skottelgoed wasmasjien.
Drie slaapkamers waarvan twee met dubbelbeddens. Die derde slaapkamer het twee enkelbeddens.
Kom breek weg vir 'n naweek en kom rus langs die Weskus. Bespekings word nou geneem vir BLOMMETYD.
Hier onder is van ons vorige gaste in blommetyd met die MASKAMBERGE in die agtergrond.
Kom kuier by jou "eie huisie by die see" sonder om die bankrekening uit te wis. Soos hulle hier in Namakwaland se: ONS WAG JOU